0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (10)
  • R100 - R250 (42)
  • R250 - R500 (2)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 55 matches in All Departments

Die Beroemde Vyf - Vyf Vat Saam Die Pad (Afrikaans, Paperback): Enid Blyton Die Beroemde Vyf - Vyf Vat Saam Die Pad (Afrikaans, Paperback)
Enid Blyton; Translated by Amelia de Vaal
R201 Discovery Miles 2 010 Ships in 4 - 8 working days

Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom?

Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.

Vyf Vriende En 'n Tweede Avontuur (Afrikaans, Paperback): Enid Blyton Vyf Vriende En 'n Tweede Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Enid Blyton; Translated by Amelia de Vaal
R201 Discovery Miles 2 010 Ships in 4 - 8 working days

Toe die vyf vriende ’n antieke kaart ontdek wat hulle na ’n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in ’n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is ... maar kan die vyf vriende saamwerk om die raaisel op te los?

Die Beroemde Vyf - Vyf op 'n Skateiland (Afrikaans, Paperback): Enid Blyton Die Beroemde Vyf - Vyf op 'n Skateiland (Afrikaans, Paperback)
Enid Blyton; Illustrated by Laura Ellen; Translated by Amelia de Vaal
R201 Discovery Miles 2 010 Ships in 4 - 8 working days
Die Storie Van Planeet Aarde (Afrikaans, Paperback): Abigail Wheatley Die Storie Van Planeet Aarde (Afrikaans, Paperback)
Abigail Wheatley; Translated by Amelia de Vaal
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 4 - 8 working days

Hoe oud is die aarde? Waar kom die son vandaan? As jy graag wetenskaplike antwoorde wil he op vrae soos die, hoef jy nie verder as hierdie boek te soek nie. Op ’n gemaklike verteltrant en met hope foto’s en illustrasies neem Die storie van Planeet Aarde die leser op reis deur die geskiedenis: vandat ons blou planeet maar net ’n stoffie was, tot by die komplekse, steeds veranderende planeet wat dit vandag is.

Wiplala (Afrikaans, Hardcover): Annie M. G Schmidt Wiplala (Afrikaans, Hardcover)
Annie M. G Schmidt; Illustrated by Philip Hopman; Translated by Amelia de Vaal
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”. “Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”. “Maar jy moet kyk, Pappa,” se Nella Della. Sy hou haar hand ’n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie. Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ’n kleinigheid pla. “Is dit ’n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.” ’n Kabouter is dit nie, maar ’n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit soms regkry om te tinkel en soms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!. Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.

Hanli die hasie 2 - Die vlieende hase; Die ysprinses; Die Kersfeeswens (Afrikaans, Hardcover): Mandy Stanley Hanli die hasie 2 - Die vlieende hase; Die ysprinses; Die Kersfeeswens (Afrikaans, Hardcover)
Mandy Stanley; Illustrated by Mandy Stanley; Translated by Amelia de Vaal
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieende hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens). Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde, behalwe wanneer sy verras word! Op ’n dag sien Hanli ’n pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal ’n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie?. ’n Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel … Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op ’n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink die dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans – heeltemal op haar eie. Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!.

Lillie die heksie in Lilliput: Boek 16 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in Lilliput: Boek 16 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend – letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit moet voel om ’n reus te wees in ’n land waar die mense skaars groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van ’n boetie, Leon, haar kom pla met ’n probleem, gee hy onwetend vir haar die antwoord! Haar eerste probeerslag loop egter skeef, en so amper word sy die prooi van die buurvrou se kat. Wanneer haar toordery wel ’n tweede keer slaag, kry sy nie met ’n kat te doen nie, maar met ’n veel gevaarliker vyand wat die Lilliputters se lewens daagliks bedreig. Sal sy daarin slaag om hulle te help?

Lillie die heksie en die moeilike draakeksamen: Boek 17 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die moeilike draakeksamen: Boek 17 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Lillie besluit om weer ’n keer haar draakvriendjie, Hektor, te besoek. Daar gekom is die arme drake skoon geel van stres ... Drie groot draakeksamen le vir hom voor en hy oefen verwoed om elke item te slaag. Met die eet soveel as wat jy kan-item het Hektor geen probleem nie: so klein soos hy is, het hy die aptyt van ’n beer. Maar die lekkerbekkigheid het nadele! Met sy ronde boepens sukkel sy klein vlerkies om hom in die lug te hou – en die belangrikste toets is natuurlik wie die hoogste en vinnigste kan vlieg. Hekse word nie toegelaat by die eksamen nie, maar onse Lillie is nie sommer enige heksie nie en sy laat nooit haar vriende in die steek nie.

Tillie Appelpit - Die onverwagse gas (Afrikaans, Hardcover): Andreas Schmachtl Tillie Appelpit - Die onverwagse gas (Afrikaans, Hardcover)
Andreas Schmachtl; Illustrated by Andreas Schmachtl; Translated by Amelia de Vaal
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, is mal oor kuiergaste – en wanneer sy haar vriende vir tee nooi, ruik haar huisie tussen die heuwels altyd heerlik na vars gebak. Eendag ontdek sy ’n onverwagse gas voor haar deur: ’n Eier! Tillie neem daar en dan verantwoordelikheid vir die eier – want sy weet ’n eier moet warm gehou, vertroetel en versorg word. Wat sy egter nie weet nie, is dat daar ’n groot verrassing in die eier wag. Welkom by die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!

Die Storie Van Ontdekkingsreise (Afrikaans, Paperback): Anna Claybourne Die Storie Van Ontdekkingsreise (Afrikaans, Paperback)
Anna Claybourne; Translated by Amelia de Vaal
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Vanaf die vroegste tye verken mense al die aardbol op soek na nuwe plekke om te bewoon, verleidelike skatte, asemrowende vergesigte of die roemryke voorreg om die eerste mens op ’n hoe bergpiek te wees. Hierdie boek vertel die verhale van onverskrokke ontdekkingsreisigers wat dit tot by die ysige pole gewaag het, bloedig warm woestyne oorgesteek het, riviere vol krokodille trotseer of vir die eerste keer reg rondom die aarde geseil het.

Tillie Appelpit - Die lappieskombers (Afrikaans, Hardcover): Andreas Schmachtl Tillie Appelpit - Die lappieskombers (Afrikaans, Hardcover)
Andreas Schmachtl; Illustrated by Andreas Schmachtl; Translated by Amelia de Vaal
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, hou van kuier met haar vriende en is baie lief vir naaldwerk. Eendag bring haar vriendin opwindende nuus ... daar is ’n groot naaldwerkkompetisie op die dorp met uitstekende pryse om te wen! Dadelik is al hier vriende druk besig met naaldwerk, en niemand word genooi vir tee nie. Die nuuskierigheid raak vir Tillie net te veel!! Wat maak hulle almal? En hoekom is almal so vreeslik geheimsinnig? Welkom by die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!

Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback): Lilli Thal Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback)
Lilli Thal; Translated by Amelia de Vaal
R84 Discovery Miles 840 Ships in 4 - 8 working days
Lillie die heksie en die ridder Don Quijote: Boek 14 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die ridder Don Quijote: Boek 14 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te neem, en dis alles Lillie se skuld! Die storieboekheld het met behulp van een van haar towerspreuke daar beland en nou saai hy oral verwoesting. Hy sien motors vir drake aan en storm met sy “strydros” ('n fiets wat hy roesinante noem) op hulle af. Advertensieborde val hy met sy lans aan. En by die kermis wil hy opsluit die mallemeuleperdjies bevry! En dis nog net die begin...Maar die soort petalje is mos Lillie se kos.

Jip En Janneke (Afrikaans, Hardcover): Annie M. G Schmidt Jip En Janneke (Afrikaans, Hardcover)
Annie M. G Schmidt; Illustrated by Fiep Westendorp; Translated by Amelia de Vaal 1
R306 Discovery Miles 3 060 Ships in 4 - 8 working days

Annie M.G. Schmidt se verhaaltjies oor Jip en Janneke het oorspronklik in die 1950’s in die Nederlandse koerant Het Parool verskyn, in kombinasie met Fiep Westendorp se ikoniese swart en wit illustrasies. Met verloop van tyd het die twee karaktertjies se avonture sinoniem geword met die Nederlandse lewenswyse en word Jip en Janneke vandag as een van Nederland se mees geliefde uitvoerprodukte beskou. Jip en Janneke is beste maats. Hulle woon langs mekaar en speel elke dag van vroeg tot laat. Saam-saam het Jip en Janneke die wonderlikste avonture. Hulle speel skool-skool, verken die solder, spring in reenplasse en hou 'n kompetisie om te sien wie die meeste pannekoeke kan eet. Hulle word selfs die eienaars van die oulikste brakkie met die naam Takkie! Partykeer is hulle lekker stout – soos wanneer hulle prentjies uit Pappa se boeke knip – en partykeer kan hulle lekker baklei. Maar oor een ding stem hulle saam: Met 'n maatjie aan die ander kant van die heining kan die lewe nooit vervelig wees nie!

Die storie van sterre en planete (Afrikaans, Paperback): Louie Stowell, Peter Allen Die storie van sterre en planete (Afrikaans, Paperback)
Louie Stowell, Peter Allen; Translated by Amelia de Vaal
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer ’n mens na die naghemel opkyk, sien jy nie net sterre nie. Die swart leegte van die ruimte is deurspek met voorwerpe van elke denkbare vorm en grootte – van enorme brandende sterre tot piepklein stofvlekkies. Hierdie boek verken die geheimenisse van sterre en planete en ontsluit die raaisels van astronomie: die wetenskap van die buitenste ruimte.

Lillie die heksie en die bangbroek Wiking : Boek 12 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die bangbroek Wiking : Boek 12 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Lillie neem die heksesprong na die heldhaftige wikings. Daar gekom, besef sy egter dat nie alle wikings sterk en dapper is nie...Sy ontmoet Helgar die bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof, het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die vikings het aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en vertrek saam met 'n hele klomp vikings op 'n skip. Maar nie almal is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog raak lewensgevaarlik...

Lillie die heksie by Dracula se kasteel: Boek 13 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie by Dracula se kasteel: Boek 13 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Lillie lees op 'n dag 'n gruwelike boek oor vampiere. Maar moenie dink dit skrik Lillie af nie! Inteendeel. Lillie is mos vir niks bang nie, en sy besluit om Transsilvanie te besoek om die gevreesde skepsels met haar eie oe te sien. Gewapen met knoffel, houtdolke, sonbrille en nog wat, doen sy die heksesprong en beland binne-in Dracula se kasteel! Sal sy die moedelose inwoners van Brasov kan help? En self uit Dracula se kloue kan bly?

Lillie die heksie in die land van die dinosourusse: Boek 15 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in die land van die dinosourusse: Boek 15 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! – kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se kloue kan bevry?

Is jy bang in die bos, Pappa Wolf? (Afrikaans, Hardcover): Jan De Kinder Is jy bang in die bos, Pappa Wolf? (Afrikaans, Hardcover)
Jan De Kinder; Illustrated by Jan De Kinder; Translated by Amelia de Vaal
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Rooi: Waarom boelies nie snaaks is nie (Afrikaans, Hardcover): Jan De Kinder Rooi: Waarom boelies nie snaaks is nie (Afrikaans, Hardcover)
Jan De Kinder; Illustrated by Jan De Kinder; Translated by Amelia de Vaal
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days
Lillie die heksie en die soektog na die verlore skat: Boek 11 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die soektog na die verlore skat: Boek 11 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Uit pure agtelosigheid lees Lillie op 'n dag hardop uit haar towerboek. Asof sy teen die tyd nie van beter weet nie! Heeltemal onverwags en onvoorbereid beland sy in die middel van 'n oerwoud. Die oerwoudstam wat haar aanvanklik gevange neem, is onder die indruk dat sy 'n toordokter is en versoek haar om na hul verlore skat te gaan soek. Met net 'n raaisel as roetebeskrywing, gaan Lillie op die soektog na die goue grot. Sal Lillie dit vind, en hoe sal sy weer kan huis toe kom sonder haar speelmuisie by haar? Of is Lillie vir altyd in die oerwoud gestrand?

Sprokies Vir 'n Prinsessie (Afrikaans, Hardcover): Henri van Daele Sprokies Vir 'n Prinsessie (Afrikaans, Hardcover)
Henri van Daele; Illustrated by Dominique Mertens; Translated by Amelia de Vaal
R96 Discovery Miles 960 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie unieke boek bring die baasverteller Henri van Daele 'n besondere versameling sprokies bymekaar. Die sprokies kom uit die verskillende lande waaruit die ses koninginne van Belgie afkomstig was of is. Sowel bekende as minder bekende verhale en legendes word hier oorvertel. Henri van Daele het dit geskryf vir prinses Elisabeth van Belgie wat in 2001 gebore is. Maar dit is ook vir alle kinders wat daarvan hou om na sprokies te luister of om dit self te lees. Met ’n voorwoord deur Haar Koninklike Hoogheid Prinses Mathilde van Belgie. Agterin die boek is daar afbeeldings van die ses Belgiese koninginne sedert 1832.

Lillie die heksie in die Wilde Weste (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in die Wilde Weste (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Illustrated by Birgit Rieger; Translated by Amelia de Vaal
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie keer beland Lillie in die Wilde Weste – plek van stofstrate, saloons en skietgevegte! Sal Lillie en haar Colt die inwoners van Bourbontown kan help om drie geslepe rampokkers ore aan te sit?

Ernst, meester van die wereld (Afrikaans, Hardcover): Andre Bouchard Ernst, meester van die wereld (Afrikaans, Hardcover)
Andre Bouchard; Illustrated by Andre Bouchard; Translated by Amelia de Vaal
R54 Discovery Miles 540 Ships in 4 - 8 working days

Ernst is 'n aaklige kiem, 'n vreesaanjaende kiem. Die wetenskaplike wat hom ontdek het, Professor Pluk, is sy eerste slagoffer. Die dag toe die professor hom vir die eerste keer onder sy mikroskoop gewaar, spring hy op die professor en klim tot binne-in sy brein. Vandaar vermaak hy homself deur vreemde opdragte vir die professor te gee: hardloop die comrades-maraton met hoehakskoene, kam 'n kameelperd se kuif, nooi kannibale uit vir aandete, verf die marsmannetjies rooi … en Pluk gehoorsaam elke keer. 'n Heerlike absurde kinderboek wat kinders en ouers met humor en helderkleurige illustrasies vermaak.

Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Dalby, Laura Howell Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Dalby, Laura Howell; Translated by Amelia de Vaal
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 4 - 8 working days

As jy al ooit oor reenboe en wolke gewonder het, vir ure na die miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra “hoekom?” is hierdie die boek vir jou! Kyk met nuwe oe na die wereld waarin ons woon – van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see en die land – en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nog iets om te leer ken en te ontdek! Internetskakels maak boonop van die teks 'n volledig interaktiewe leerervaring.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Stillwater
Matt Damon, Abigail Breslin DVD  (1)
R189 Discovery Miles 1 890
Kirstenbosch - A Visitor's Guide
Colin Paterson-Jones, John Winter Paperback R150 R109 Discovery Miles 1 090
Mellerware Plastic Oscilating Floor Fan…
 (2)
R552 Discovery Miles 5 520
Giorgio Armani Acqua Di Gioia Eau De…
R2,173 Discovery Miles 21 730
Samsung EO-IA500BBEGWW Wired In-ear…
R299 R199 Discovery Miles 1 990
Sylvanian Families - Walnut Squirrel…
R749 R579 Discovery Miles 5 790
Bestway Dolphin Armbands (23 x 15cm…
R33 R31 Discovery Miles 310
Philips TAH3155BK Wired On-Ear…
R899 R539 Discovery Miles 5 390
Too White To Be Coloured, Too Coloured…
Ismail Lagardien Paperback  (1)
R330 R284 Discovery Miles 2 840
Tommy EDC Spray for Men (30ml…
R479 Discovery Miles 4 790

 

Partners